Genesis 32:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek vrees hom, dat hy nie sal kom en my en die moeder met die kinders sal slaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, red my tog asseblief uit die hand van my broer Esau. Ek is bang dat hy kom om my, my vroue en my kinders dood te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders. |
| Afrikaans 1983 | Red my tog uit die mag van my broer Esau, ek is bang vir hom. Hy kan dalk kom en my doodmaak, en ook die moeders en kinders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Red my asseblief uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom. Anders kom hy en verslaan my – die ma's saam met die kinders. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, beskerm my asseblief teen my broer Esau, want ek is bang vir hom. Ek is bang dat hy my en die vroue en kinders sal aanval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, ek is te klein vir u groot liefde. U was baie goed vir my en ek het dit nie verdien nie. Destyds is ek oor die Jordaan met net my kierie. Vandag het ek so baie besittings dat die twee kampe sommer vol staan. |