Genesis 32:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is nie waardig vir die geringste van al die ontferminge en al die waarheid wat U aan U kneg bewys het nie; want met my staf het ek deur hierdie Jordaan getrek; en nou het ek twee groepe geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is nie al die gunste wat U vir u dienaar gedoen het, werd nie. Toe ek destyds oor die Jordaan gegaan het, het ek net ’n stapstok besit. Nou het ek hierdie twee groepe mense! |
| Afrikaans 1933/1953 | ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword. |
| Afrikaans 1983 | ek is al u gunsbewyse nie werd nie, ook nie die trou waarmee U my versorg het nie. Toe ek destyds deur die Jordaan is, het ek net my kierie gehad, en nou het ek hierdie twee groot groepe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | – ek is te gering vir al die gunsbewyse en al die trou wat U aan u dienskneg bewys het, want ek het met net my wandelstok hierdie Jordaan oorgesteek, en nou het ek twee vol kampe geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is nie 'n belangrike man nie, maar U was baie goed vir my en U het alles gedoen wat U vir my belowe het. Ek het net my kierie gehad toe ek voorheen deur hierdie Jordaan-rivier gegaan het. Nou behoort hierdie twee groot groepe mense en diere aan my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het eenkant toe gestap en daar gebid: “Here, U is die God van my oupa Abraham en my pa, Isak. By Laban het U vir my gesê: ‘Gaan terug na jou geboorteland. Ek sal daar vir jou goed wees.’ |