Genesis 31:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As hy so sê: Die gespikkelde sal jou loon wees; dan het al die vee gespikkeld gedra; en as hy so sê: Die gestreeptes sal jou loon wees; dan het al die beeste gestreep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer hy sê die bont diere is myne, het die hele kudde bont lammers opgelewer. Wanneer hy van plan verander en sê ek kon die gestreepte diere kry, dan was al die lammers gestreep. |
| Afrikaans 1933/1953 | As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer julle pa sê: ‘Die gestreepte kleinvee is jou loon,’ kry die hele trop gestreepte lammers, en wanneer hy sê: ‘Die gevlektes is jou loon,’ kry die hele trop gevlekte lammers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hy sê, ‘Bontes sal jou loon wees,’ dan lam al die kleinvee bontes; en as hy weer sê, ‘Gestreeptes sal jou loon wees,’ dan lam al die kleinvee gestreeptes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe julle pa sê dat die skape en bokke met kolle my betaling sal wees, toe kry al die skape en bokke lammers met kolle. En toe hy sê dat die skape en bokke met strepe my betaling sal wees, toe kry die skape en bokke gestreepte lammers. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | want elke keer as Laban gesê het: ‘Die diere met spikkels is jou loon,’ is daar net gespikkeldes gebore. En as hy gesê het: ‘Die gestreepte diere is jou loon,’ was daar net gestreeptes. |