Genesis 31:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Jakob op die berg 'n offer gebring en sy broers geroep om brood te eet; en hulle het brood geëet en die hele nag op die berg gebly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Jakob ’n offer vir God gebring en almal genooi om deel te neem aan ’n fees. Na hulle geëet het, het hulle daar in die heuwels oornag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Jakob 'n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het daar op die berg geoffer en toe het hy die mense by hom genooi om te eet. Nadat hulle klaar geëet het, het hulle daar by die berg oornag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het Jakob 'n offerdier geslag op die berg, en sy familielede genooi om 'n maaltyd te eet. Hulle het die maaltyd geëet en die nag op die berg oorgebly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het op die berg 'n offer gebring vir die Here. Hy het sy familie geroep om saam te kom eet. Hulle het geëet en hulle het daardie nag op die berg geslaap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Jakob vir die Here op die berg gaan offer. Hy het al sy familie genooi om saam te kom eet. Na die ete het hulle almal sommer op die berg geslaap. |