Genesis 31:53 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, oordeel tussen ons. En Jakob het gesweer by die vrees van sy vader Isak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die God van ons voorouers, die God van jou oupa Abraham en die God van my oupa Nahor, sal as regter tussen ons optree as enigeen van ons die ander een kwaad wil aandoen.” Jakob het toe ’n eed afgelê by die Beskermer van sy pa, Isak, dat hy die grens sou eerbiedig.
Afrikaans 1933/1953 Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak.
Afrikaans 1983 Die God van Abraham, die God van Nahor, die God van hulle twee se vader sal as regter optree.” Toe het Jakob 'n eed afgelê in die Naam van die Beskermer van Isak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die God van Abraham en die god van Nahor, hulle sal tussen ons beslis.” Dit is die God van hulle voorvader. Jakob het 'n eed afgelê by die Vrees van sy vader Isak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die God van jou voorvader Abraham en die God van my voorvader Nahor sal altyd sê wie is reg, ek of jy.” Jakob het toe gesê die God wat sy pa Isak beskerm het, is die getuie van die ooreenkoms.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob, mag die God van ons vaders by ons wees. Mag die God van jou oupa Abraham en my oupa Nahor ons help om getrou te wees.” Jakob het sy woord gegee en die Beskermer van sy pa, Isak, as getuie aangeroep.