Genesis 31:52 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hierdie hoop wees getuie, en hierdie gedenksteen wees getuie, dat ek hierdie hoop nie na jou toe sal oorgaan nie, en dat jy nie vir my oor hierdie hoop en hierdie gedenksteen sal deurtrek om skade te berokken nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit staan as getuies tussen ons. Ek sal nie hier verbygaan om teen jou uit te trek nie, en jy mag nie hier verbykom om my te kom aanval nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat,k na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jy na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie kliphoop is 'n teken en die klippilaar is 'n teken: ek sal nie hier verbygaan na jou toe om jou aan te val nie, en jy sal nie hier verbykom om my aan te val nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie stapel klippe is 'n getuie en die gedenksteen is 'n getuie: Ek mag beslis nie by hierdie klipstapel verbytrek na jou toe nie, en jy mag beslis nie by hierdie klipstapel en hierdie gedenksteen verbytrek na my toe met kwade bedoelings nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hierdie hoop klippe en die gedenksteen is die tekens dat ons nie slegte planne sal hê wanneer ons hier verbygaan na mekaar toe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek mag nooit by hierdie klipstapel verbystap om jou te gaan seermaak nie. En jy mag dit ook nie doen nie. |