Genesis 31:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy my dogters verdruk, of as jy ander vroue naas my dogters neem, is niemand by ons nie; kyk, God is getuie tussen my en jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy my dogters sleg behandel of as jy ander vroue neem, selfs as daar niemand anders by ons is nie — onthou, God is ’n getuie tussen my en jou. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal jy nie my dogters mishandel nie en ook nie vir jou nog vrouens vat nie. Wanneer daar niemand anders by ons is nie, sal God getuie wees in die saak tussen ons.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jy my dogters verneder, en as jy benewens my dogters nog vroue neem – al is daar geen mens by ons nie – besef dan: God is getuie tussen my en jou.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God sal weet wanneer jy slegte dinge doen aan my dogters of wanneer jy met ander vroue trou, ook wanneer daar niemand anders by ons is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By die klipstapel het Laban ook vir Jakob gesê: “As jy ooit my dogters sleg behandel of sommer ander vroue byneem, moet jy nie dink God sien dit nie. Hy weet van alles.” |