Genesis 31:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hulle: Ek sien julle vader se aangesig, dat dit nie teenoor my is soos voorheen nie; maar die God van my vader was met my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het daar vir hulle gesê: “Ek kom agter dat julle pa my nie meer soos voorheen behandel nie. Maar die God van mý pa was by my. |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir hulle gesê: “Ek merk aan julle pa dat hy nie meer soos voorheen oor my voel nie. Maar die God van my vader was by my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir hulle gesê: “Ek sien aan julle pa se gesig dat hy nie meer teenoor my is soos gister en eergister nie. Maar die God van my vader was met my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En hy het vir hulle gesê: “Ek sien julle pa is nie meer so vriendelik met my soos voorheen nie, maar die God van my pa was by my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar in die veld het hy vir hulle gesê: “Julle pa se houding het verander. Hy is nie meer so vriendelik teenoor my soos vroeër nie. Gelukkig is die God van my pa nog by my. |