Genesis 31:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Jakob aan sy broers: Bring klippe bymekaar; en hulle het klippe geneem en 'n hoop gemaak; en hulle het daar op die hoop geëet.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook vir die mense by hom gesê om klippe bymekaar te maak en op ’n hoop te stapel. Hulle het toe langs die hoop gaan sit en saam geëet.
Afrikaans 1933/1953 En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en 'n hoop gemaak en daar op die hoop geëet.
Afrikaans 1983 Hy het vir die mense by hom gesê: “Maak nog klippe bymekaar.” Hulle het dit gedoen en 'n kliphoop gepak. Toe het hulle daar by die kliphoop geëet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het ook vir sy familielede gesê: “Maak klippe bymekaar!” Hulle het toe klippe geneem en op 'n hoop gepak. Daar by die klipstapel het hulle geëet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob sê toe vir sy familie: “Bring nog klippe.” Hulle het 'n hoop klippe opmekaar gepak. Toe het hulle daar by die hoop klippe geëet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het sy mense nader geroep en gesê hulle moet ’n klipstapel maak. Toe dit klaar was, het hulle by die klipstapel geëet.