Genesis 31:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Hierdie dogters is my dogters, en hierdie kinders is my kinders, en hierdie vee is my vee, en alles wat jy sien is myne; en wat kan ek vandag aan hierdie my dogters of aan hulle kinders wat hulle gebore het doen? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laban antwoord toe vir Jakob: “Hierdie vroue is my dogters, en hierdie kinders is my kleinkinders, en hierdie vee wat jy het, alles wat jy sien, kom van my af. Waarom sou ek dan my eie dogters en kleinkinders kwaad aandoen? |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters -- wat sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle seuns wat hulle gebaar het? |
| Afrikaans 1983 | Laban het vir Jakob geantwoord: “Dit is my dogters en my kinders en my kleinvee: alles wat jy hier sien, is myne. Waarom sou ek vandag my dogters of die kinders wat deur hulle in die wêreld gebring is, iets aandoen? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laban reageer toe daarop en sê vir Jakob: “Die dogters is my dogters, en die kinders is my kinders, en die kleinvee is my kleinvee. Alles wat jy sien, behoort aan my. Maar my dogters, hoe kan ek hulle vandag iets aandoen, of hulle kinders wat hulle in die wêreld gebring het? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Laban vir Jakob: “Hierdie dogters is my dogters en hierdie kinders is my kinders en hierdie skape en bokke is my skape en bokke. Alles wat jy sien, is myne. Ek mag nie aan my dogters of hulle kinders iets doen wat sleg is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laban het Jakob toe geantwoord: “Wat praat jy tog? Alles wat jy sien, is myne. Die dogters, die kinders, die vee. Niks maak egter nou meer saak nie. Wat kan ek tog doen of sê wat die dogters of hulle kinders van plan sal laat verander? |