Genesis 31:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As die God van my vader, die God van Abraham, en die vrees van Isak nie by my was nie, het U my tog leeg weggestuur. God het my ellende en die arbeid van my hande gesien en jou gisteraand bestraf.
Afrikaans (NLV) 2011 Trouens, was dit nie vir die genade van die God van my voorouers nie, die God van Abraham en die Beskermer van Isak nie, sou Pa my sonder vergoeding weggestuur het. Maar God het my swoeg en swaarkry raakgesien. Dis hoekom Hy aan Pa verskyn het en in my guns uitspraak gegee het.”
Afrikaans 1933/1953 As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie -- ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel.
Afrikaans 1983 As die God van my voorvaders, die God van Abraham, die Beskermer van Isak, nie by my was nie, sou u my met leë hande weggestuur het. Maar God het gesien hoe swaar ek gekry het en hoe hard ek gewerk het en Hy het verlede nag in my guns uitspraak gelewer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die God van my voorvader, die God van Abraham, die Vrees van Isak, nie vir my was nie, ja, dan sou jy my nou met leë hande weggestuur het. Maar my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande – God het dit gesien, en verlede nag daaroor beslis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die God van my pa my nie gehelp het nie, dan sou jy my weggestuur het en jy sou niks vir my gegee het nie. Die God van Abraham en die God wat vir Isak beskerm het, het gesien dat ek swaarkry. Hy het gesien hoe hard ek gewerk het, en Hy het gisteraand gesê wie is reg, ek of jy.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit nie vir my pa se God, die God van my oupa Abraham en die Beskermer van my pa, Isak, was nie, het ek vandag niks gehad nie. Maar God ken my swaarkry en het my harde werk raakgesien, en daarom het Hy jou gisteraand gewaarsku.”