Genesis 31:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So is ek twintig jaar in U huis; Ek het jou veertien jaar gedien vir jou twee dogters en ses jaar vir jou vee; en jy het my loon tien maal verander.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir twintig jaar het ek u gedien, veertien jaar daarvan vir Pa se twee dogters en ses jaar om my eie kudde op te bou. Maar Pa het my vergoeding tien keer verander!
Afrikaans 1933/1953 Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander.
Afrikaans 1983 Dis nou twintig jaar dat ek in u huis is: veertien jaar het ek vir u gewerk vir u twee dogters en ses vir kleinvee uit u trop, en u het my betaling kort-kort verander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So was dit vir my twintig jaar lank in jou huis. Ek het vir jou veertien jaar gewerk vir jou twee dogters, en ses jaar vir jou kleinvee; en jy het my vergoeding tien keer verander.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het nou 20 jaar vir jou gewerk. Ek het 14 jaar lank gewerk om jou twee dogters te kry, en ses jaar om skape en bokke van jou te kry. Jy het my betaling tien maal verander.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Twintig jaar het ek vir jou gewerk. Veertien jaar vir jou twee dogters en vir baie jare het ek jou vee opgepas. En wat het jy gedoen? Jy het my salaris aanmekaar verander.