Genesis 31:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So was ek; bedags het die droogte my verteer en die ryp in die nag; en my slaap het van my oë gewyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur skroeiende hitte in die dag en ysige slaaplose nagte het ek vir u gewerk.
Afrikaans 1933/1953 Ek was 'n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë.
Afrikaans 1983 Bedags het die hitte my verrinneweer en snags die koue, ek kon nie slaap nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het dit met my gegaan: Bedags het die hitte my verteer, en die koue snags. Slaap het van my oë weggevlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het baie swaar gekry. In die dag het die son my gebrand en in die nag het ek baie koud gekry. Ek kon nie slaap nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bedags het die verskriklike hitte my geteister en in die nag die koue. So erg was dit dat ek vir lang tye nie kon slaap nie.