Genesis 31:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat van die diere verskeur is, het ek nie vir jou gebring nie; Ek het die verlies daarvan gedra; van my hand het U dit geëis, of dit bedags of snags gesteel is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het nooit die kleinvee wat deur wilde diere verskeur is na u toe gebring nie. Ek moes dit self vervang. Pa het my laat betaal vir elke dier wat gesteel is, of dit nou my skuld was of nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is. |
| Afrikaans 1983 | Wat deur wilde diere verskeur is, het ek nie na u toe gebring nie, ek moes dit vervang. Wat oordag of in die nag gesteel is, het u van my geëis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Diere wat verskeur is, het ek nie na jou geneem nie; ek moes self die skade ly. Uit my hand het jy geëis wat bedags gesteel is en snags gesteel is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die roofdiere 'n dier van jou doodgebyt het, dan het ek nie die dooie dier vir jou gebring nie. Ek moes een van my diere in sy plek gee. Wanneer diewe in die dag of in die nag van jou diere gesteel het, dan moes ek een van mý diere gee vir elkeen van daardie diere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As wilde diere jou diere verskeur het, het ek jou nie eens daarvan vertel nie. Jy het my altyd dubbel en dwars daarvoor laat betaal, of hulle bedags of snags gesteel is. Daarom het ek maar self die dier vervang. |