Genesis 31:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie twintig jaar is ek by jou; jou ooie en jou bokke het hulle kleintjies nie gegooi nie, en die ramme van jou kleinvee het ek nie geëet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Twintig jaar lank was ek by Pa en al die tyd het ek u skape en bokke opgepas sodat hulle gereeld gelam het. In al die jare het ek nie één van u ramme vir my gevat om te eet nie.
Afrikaans 1933/1953 Twintig jaar was ek nou by u. U skaap-- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie.
Afrikaans 1983 “Dis nou twintig jaar dat ek by u was. U skaapooie en u bokooie het gereeld gelam, en ek het nie u skaapramme geslag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Twintig jaar was ek nou by jou gewees. Jou skaapooie en jou bokooie het nie misgeboortes gehad nie. Die ramme van jou kleinvee het ek nie geëet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was 20 jaar lank by jou. Jou skaap-ooie en jou bok-ooie het gereeld lammers gekry, en ek het nie jou ramme geslag om te eet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het voortgegaan: “Twintig lange jare het ek jou getrou gedien. Nooit het jou skaapooie of bokooie hulle lammers verloor nie. Nooit het ek ’n ram gesteel en dit geëet nie.