Genesis 31:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Terwyl jy al my goed deursoek het, wat het jy van al jou huisraad gevind? stel dit hier voor my broers en jou broers, dat hulle tussen ons albei kan oordeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Pa het alles wat ek besit, deursoek. Nou, wys my wat het Pa gekry wat aan u behoort! Sit dit hier voor ons familie neer sodat almal dit kan sien. Laat hulle dan besluit wie is reg!
Afrikaans 1933/1953 Nou dat u al my goed deurgevoel het -- wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee.
Afrikaans 1983 U het my besittings gefynkam. Wat het u gekry wat uit u huis kom? Sit dit hier voor ons familie neer sodat hulle as regters tussen ons twee kan optree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want jy het al my goed deursoek! Wat het jy, van enigiets wat uit jou huis kom, gevind? Sit dit dan hier voor my familielede en jou familielede neer, sodat hulle tussen ons twee kan beslis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het in al my goed gesoek. Het jy iets gekry wat uit jou huis kom? As jy iets gekry het, sit dit dan hier neer voor my familie en jou familie, sodat hulle kan sê wie was reg, ek of jy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het al my goed deursoek en wat het jy gekry? Kon jy enige gesteelde goed kry? Kom sit dit dan hier voor my en jou mense neer. Laat hulle dan besluit of ek ’n dief is of nie.”