Genesis 31:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jakob het kwaad geword en op Laban geteister, en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding? wat is my sonde dat jy my so hard agtervolg het?
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob het toe baie kwaad geword en met Laban getwis: “Wat is my oortreding? Pa het my agternagesit asof ek ’n misdadiger is.
Afrikaans 1933/1953 Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, dat u my so vurig agternagesit het?
Afrikaans 1983 Toe word Jakob kwaad en hy verwyt vir Laban: “Wat het ek verkeerd gedoen? Waar het ek oortree dat u my agternagesit het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het kwaad geword en sy saak teenoor Laban gestel. Jakob het homself verdedig en vir Laban gesê: “Wat is my oortreding? Wat het ek verkeerd gedoen dat jy so op my spoor is?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Jakob kwaad geword en hy het hard met Laban gepraat. Hy het vir Laban gevra: “Wat het ek verkeerd gedoen? Watter sonde het ek gedoen? Hoekom het jy my gevolg en gejaag?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het kwaad geword en Laban trompop geloop: “Wat het ek verkeerd gedoen? Vir wat agtervolg jy my so? Waar het ek oortree?