Genesis 31:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê sy vir haar vader: Laat my heer nie kwaad wees dat ek nie voor U kan opstaan nie; want die gewoonte van vroue is op my. En hy het gesoek, maar die beelde nie gevind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Verskoon my dat ek nie opstaan nie, Pa,” verduidelik sy. “Ek is siek van my maandstonde.” Laban het verder gesoek, maar kon nie die beeldjies kry nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê sy vir haar vader: My heer moet nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want dit gaan met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisgode nie gekry nie.
Afrikaans 1983 Toe sê Ragel vir hom: “Pa moet tog nie vir my kwaad word nie, want ek kan nie vir Pa opstaan nie: ek is siek, soos dit maar elke maand met 'n vrou gaan.” Laban het toe verder rondgesoek, maar nie die afgodsbeeldjies gekry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ragel sê toe vir haar vader: “Moet my nie kwaad aankyk nie, my heer, omdat ek nie vir u kan opstaan nie, want dit is met my soos dit soms met vroue is.” Hy het deeglik gesoek, maar kon nie die huisgode kry nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ragel het vir haar pa gesê: “Pa moenie kwaad word vir my as ek nie vir Pa opstaan nie. Ek menstrueer.” Laban het verder gesoek, maar hy het niks gekry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ragel het vir Laban gesê: “Pa moet tog nie vir my kwaad wees omdat ek bly sit nie. Dit is weer daardie tyd van die maand en ek kan nie opstaan nie.” Laban het verder gesoek, maar niks gekry nie.