Genesis 31:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, al sou jy weg wou wees, omdat jy baie na jou vader se huis verlang het, waarom het jy tog my gode gesteel?
Afrikaans (NLV) 2011 Ek kan nog verstaan as jy gegaan het omdat jy baie na jou ouerhuis verlang. Maar hoekom het jy dan my huisgode gesteel?”
Afrikaans 1933/1953 Nou is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy so erg verlang het na die huis van jou vader -- maar waarom het jy my gode gesteel?
Afrikaans 1983 Maar nou, as jy weggetrek het net omdat jy so baie verlang na jou familie, waarom het jy dan my gode gesteel?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nou is jy vasbeslote op pad omdat jy so erg verlang na jou ouerhuis. Waarom het jy dan my gode gesteel?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is goed as jy weggaan omdat jy so baie verlang na jou pa se familie, maar hoekom het jy my beeldjies gesteel?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Goed, gaan dan maar. Jy verlang mos nou huis toe, so, gaan maar.” Laban het hom egter nog ’n laaste vraag gevra: “Vir wat het jy my huisgodjies gesteel?”