Genesis 31:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En het jy my nie toegelaat om my seuns en my dogters te soen nie? jy het nou iets dwaas gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoekom het jy nie toegelaat dat ek my dogters en kleinkinders groet nie? Jy het baie dwaas opgetree!
Afrikaans 1933/1953 Ook het jy my nie toegelaat om my seuns en dogters te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel.
Afrikaans 1983 Jy het my nie eens toegelaat om my kleinkinders en my dogters te groet nie. Jy het 'n ongehoorde ding gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar jy het my nie die geleentheid gegee om my kleinseuns en my dogters te soen nie. Jy het nou 'n dwase ding gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy het weggegaan, en ek kon nie my kleinseuns en my dogters groet nie. Jy het verkeerd gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Waarom het jy my nie toegelaat om my kleinkinders te groet nie? En my eie dogters totsiens te soen nie? Nee, werklik, Jakob, jy het dom opgetree.