Genesis 31:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jakob het onverhoeds vir Laban, die Arameër, weggesteek, deurdat hy hom nie vertel het dat hy vlug nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het in die geheim vertrek en nie vir Laban gesê dat hulle sou gaan nie.
Afrikaans 1933/1953 En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.
Afrikaans 1983 Jakob het ook vir Laban die Arameër bedrieg deur hom nie te vertel van sy vlug nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het Laban, die Arameër, se vertroue geskend deurdat hy hom nie ingelig het dat hy gaan vlug nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het vir Laban bedrieg, want hy het nie vir Laban vertel dat hy wil vlug nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het Laban, die Arameër, so om die bos gelei dat hy niks vermoed het nie.