Genesis 31:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jakob het die aangesig van Laban gesien, en kyk, dit was nie met hom soos voorheen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het ook opgemerk dat Laban se gesindheid teenoor hom verander het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het ook aan Laban gemerk dat hy nie meer soos voorheen oor hom voel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het dit aan Laban se gesig gesien – kyk, hy was nie meer teenoor hom soos gister en eergister nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het ook gesien dat Laban nie meer so vriendelik met hom was soos voorheen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het ook gesien dat Laban se houding heeltemal verander het. Hy was nie meer so hartlik soos vroeër nie. |