Genesis 31:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laban het gegaan om sy skape te skeer, en Ragel het die beelde gesteel wat haar vader s'n was.
Afrikaans (NLV) 2011 Laban was weg om sy skape te gaan skeer. Ragel steel toe haar pa se afgodsbeeldjies en neem dit saam met haar.
Afrikaans 1933/1953 Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisgode van haar vader gesteel.
Afrikaans 1983 Laban was weg om sy skape te gaan skeer. Toe steel Ragel haar pa se afgodsbeeldjies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Laban gegaan het om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisgode gesteel wat aan haar vader behoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Laban het sy skape en bokke gaan skeer, en toe het Ragel die beeldjies van haar pa se afgode gesteel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ongemerk weggekom, want Laban was weg om sy skape te gaan skeer. Voor hulle weg is, het Ragel egter stilletjies haar pa se huisgode gaan steel.