Genesis 31:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het al sy vee en al sy besittings wat hy gekry het, die vee van sy verkryging wat hy in Paddan-Aram gekry het, weggevoer om na sy vader Isak te gaan in die land Kanaän. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het al die lewende hawe en ander besittings wat hy in Paddan-Aram bekom het, bymekaargemaak om na sy pa in die land Kanaän terug te gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän. |
| Afrikaans 1983 | en hy het al sy vee saamgevat en ook al sy besittings wat hy in Paddan-Aram bymekaargemaak het, en na sy pa, na Isak toe vertrek in Kanaän. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en al sy vee aangejaag – al sy besittings wat hy bekom het, sy eie veestapel wat hy bekom het in Paddan-Aram – om na Isak, sy vader, na die land Kanaän te gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het al sy diere saamgeneem, ook al sy goed wat hy in Paddan-Aram bymekaargemaak het. Hy het na Kanaän gegaan, na sy pa Isak toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alles wat Jakob oor die jare in Paddan-Aram versamel het, het hy weggestuur. En so was Jakob weer op pad, die keer na Kanaän, waar sy pa, Isak, gewoon het. |