Genesis 31:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want al die rykdom wat God van ons vader geneem het, dit is ons s'n en ons kinders; doen dan nou alles wat God vir jou gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit wat God van hom af weggevat en vir jou gegee het, is wetlik ons en ons kinders s’n. Doen gerus alles wat God vir jou gesê het.”
Afrikaans 1933/1953 Want al die rykdom wat God van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat God jou gesê het.
Afrikaans 1983 Al die besittings wat God van hom afgevat het, is ons en ons kinders s'n. Doen dus gerus maar alles wat God vir jou gesê het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, al die rykdom wat God van ons pa weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Daarom, alles wat God vir jou gesê het, doen dit!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die goed wat God van ons pa weggevat het, behoort aan ons en aan ons kinders. Jy moet nou doen wat God vir jou gesê het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al ons pa se rykdom wat God teruggeneem het, is eintlik ons en ons kinders s’n.” Ragel en Lea het toe vir Jakob gesê: “Doen wat God vir jou gesê het om te doen.”