Genesis 31:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek is die God van Bet-el, waar jy die gedenksteen gesalf het en waar jy 'n gelofte aan My gedoen het; staan nou op, gaan uit hierdie land en keer terug na die land van jou familie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek is die God wat jy ontmoet het by Bet-El, die plek waar jy die olie op die klippilaar uitgegooi het en ’n eed geneem het dat jy My sal dien. Maak klaar om hierdie land te verlaat en na jou geboorteland toe terug te gaan.’”
Afrikaans 1933/1953 Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My 'n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.
Afrikaans 1983 Ek is die God van Bet-El waar jy olie op 'n klippilaar uitgegiet en 'n gelofte teenoor My afgelê het. Maak klaar en trek weg uit hierdie land. Gaan terug na jou geboorteland toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is die God van Bet-El, waar jy 'n gedenksteen gesalf het, waar jy aan My 'n gelofte afgelê het. Maak nou gereed, trek weg uit hierdie land en keer terug na die land van jou herkoms.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is die God wat by Bet-El aan jou verskyn het. Jy het daar olyf-olie op die gedenksteen gegooi toe jy belowe het om My te dien. Maak nou gereed en trek weg uit hierdie land. Gaan terug na die land waar jy gebore is.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob, Ek is die God van Bet-El. Daar het jy lank gelede ’n klip regop gesit, olie daaroor uitgegooi en toe ’n gelofte aan My gemaak. Los nou hierdie land en sy mense en gaan terug na die plek waar jy gebore is.’”