Genesis 31:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hy: Slaan tog jou oë op en kyk, al die ramme wat op die vee spring, is gestreep, gespikkeld en geriffel, want ek het alles gesien wat Laban aan jou doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Die engel sê toe: ‘Let op en jy sal sien net die gestreepte, bont en gevlekte ramme dek die ooie in die trop, want Ek het alles gesien wat Laban aan jou gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen.
Afrikaans 1983 “Toe sê Hy vir my: Kyk mooi: al die bokramme waardeur die ooie gedek word, is gevlek, gestreep en gespikkel. Ek het alles gesien wat Laban jou aangedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe, ‘Kyk rond, dan sal jy sien dat al die ramme wat die kleinvee dek, gestreep, bont en gespikkel is. Ek het immers alles gesien wat Laban jou aandoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Hy: ‘Jy moet goed kyk: Al die bok-ramme wat met die ooie paar, het strepe of kolle. Ek het alles gesien wat Laban aan jou gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Engel het voortgegaan: ‘Ek het dit ook gesien. Al die ramme tydens paartyd was gespikkel, gestreep en gevlek. Alles wat Laban oor die jare aan jou gedoen het, het Ek raakgesien.