Genesis 31:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die tyd dat die vee swanger geword het, het ek my oë opgeslaan en in 'n droom gesien, en kyk, die ramme wat op die vee gespring het, was gestreep, gespikkeld en geriffel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gedurende die paartyd het ek ’n droom gehad en gesien dat die bokramme wat die ooie dek, gestreep, bont en gevlek was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in 'n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was. |
| Afrikaans 1983 | “In die paartyd van die kleinvee het ek in 'n droom gesien dat die ramme waardeur die ooie gedek word, gevlek, gestreep en gespikkel is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die tyd toe die kleinvee bronstig was, het ek in 'n droom rondgekyk en gesien: Kyk, die ramme wat die kleinvee dek, is gestreep en bont en gespikkel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die tyd toe die skape en bokke gepaar het, het ek gedroom en gesien al die bok-ramme wat die ooie dek, het strepe of kolle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het verder vertel: “Eendag, dit was in die paartyd, het ek ’n droom gehad. Ek het gesien hoe gespikkelde, gestreepte en gevlekte bokramme met die ooie paar. Al die lammetjies wat gebore sou word, sou ook gespikkel, gestreep en gevlek wees. |