Genesis 31:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het die woorde van die seuns van Laban gehoor wat sê: Jakob het alles wat aan ons vader behoort, weggeneem; en van wat ons vader s'n was, het hy al hierdie eer ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het agtergekom dat Laban se seuns hom beskinder. “Jakob het ons pa se goed gesteel!” het hulle gesê. “Al sy rykdom het hy ten koste van ons pa bekom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s'n was; en uit wat ons vader s'n was, het hy al hierdie rykdom verwerf. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het die seuns van Laban hoor sê: “Jakob het alles gevat wat aan Pa behoort. Hy het hierdie hele rykdom verkry uit wat aan Pa behoort.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het die woorde van Laban se seuns gehoor toe hulle sê: “Jakob het alles gevat wat aan ons pa behoort; uit wat aan ons pa behoort, het hy al hierdie rykdom bymekaargemaak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het gehoor dat Laban se seuns sê: “Jakob het alles gevat wat aan ons pa behoort het. Hy het ryk geword van ons pa se goed.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het gehoor wat Laban se seuns oor hom rondvertel het. Hulle het gesê: “Jakob het al ons pa se goed gevat. Hy het ryk geword met goed wat aan ons pa behoort.” |