Genesis 30:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Lea sien dat sy baar, het sy haar slavin Silpa geneem en Jakob vir haar as vrou gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het Lea besef dat sy nie meer swanger gaan word nie. Toe gee sy haar slavin Silpa as vrou vir Jakob. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou. |
| Afrikaans 1983 | Toe Lea besef sy bring nie meer kinders in die wêreld nie, het sy haar slavin Silpa gevat en vir Jakob gegee as vrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Lea sien dat sy opgehou het om kinders in die wêreld te bring, het sy Silpa, haar slavin, geneem en haar vir Jakob as vrou gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Lea kon nie meer kinders kry nie. Sy neem toe haar slavin Silpa en sy gee haar vir Jakob om sy vrou te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Lea sien sy kan nie meer kinders kry nie, het sy haar slavin, Silpa, gaan vat en haar vir Jakob gegee. |