Genesis 30:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar toe die vee swak was, het hy dit nie ingesit nie; so was die swakkes s'n van Laban en die sterkeres s'n van Jakob.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het dit egter nie met die swakker ooie gedoen nie. Die swakker lammers het dus aan Laban behoort en die sterker lammers aan Jakob.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.
Afrikaans 1983 Maar hy het nie die lote by die swak diere gesit nie. So het dit gekom dat Laban die swakkes gekry het en Jakob die sterkes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer die kleinvee egter swak was, het hy dit nie neergesit nie. Die swakkes was vir Laban en die sterkes vir Jakob.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as dit swak skape of bokke was, dan het hy nie die stokke in die waterbakke gesit nie. Toe het Laban al die swak lammers gekry, en Jakob het die sterk lammers gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hy het nie die lote by die swak diere gesit nie. Op dié manier het Laban die swakkes en Jakob die sterkes gekry.