Genesis 30:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elke keer as die sterkste vee swanger geword het, het Jakob die latte voor die oë van die vee in die geute neergelê, sodat hulle tussen die latte kon swanger word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer die sterker ooie op hitte was, het Jakob die gestroopte lote voor hulle neergesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En elke keer as die sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle verhit sou word by die latte. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer die sterk diere gedek moes word, het Jakob die lote voor hulle in die krippe gesit sodat hulle by die lote gedek kon word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Telkens wanneer ook al die sterkste ooie bronstig was, het Jakob die latte in die waterbakke neergesit, voor die oë van die kleinvee, sodat hulle by die latte bronstig kon wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke maal wanneer die sterk skape en bokke wou paar, dan het Jakob die stokke voor hulle in die waterbakke gesit sodat hulle net by die stokke kon paar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer die sterk diere gepaar het, het Jakob die lote voor hulle in die krippe gesit en dit het hulle vrugbaar gemaak. |