Genesis 30:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jakob het die lammers geskei en die aangesigte van die kleinvee gerig na die gestreeptes en al die bruin onder die kleinvee van Laban; en hy het sy eie kleinvee afsonderlik gestel en dit nie vir Laban se vee gestel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het hierdie lammers uit Laban se kuddes uitgekeer. Wanneer die ander op hitte was, het hy hulle gedraai sodat die kuddes die gestreepte en swart ramme in Laban se kudde sien. Op hierdie manier het hy sy eie kudde uit Laban s’n opgebou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en die nie onder Laban se vee gesit nie. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het die skape uitgekeer en hulle laat kyk in die rigting van die gevlekte en swart vee van Laban. So het Jakob vir hom sy eie kuddes opgebou en hy het hulle nie by Laban se kleinvee laat kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het dié jong skape afgesonder. Hy het die kleinvee laat kyk in die rigting van die gestreeptes en al die donkerkleuriges onder Laban se kleinvee. So het Jakob vir homself afsonderlike kuddes opgebou en hulle nie saam met Laban se kleinvee aangehou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het die skaap-ramme apart gehou en hy het die skape en bokke laat kyk na die bont skape en bokke van Laban en na die skape en bokke met kolle. So het Jakob 'n klomp skape en bokke vir homself gekry, maar Laban het niks gekry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ooie het Jakob apart gehou en hulle by Laban se gespikkelde en gestreepte vee gebring. Op hierdie manier het Jakob vir homself ’n baie sterk kudde opgebou. Hy het hulle weggehou van Laban se vee. |