Genesis 30:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die kleinvee het swanger geword voor die stokke en vee uitgebring, gestreep, gespikkeld en bont.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hulle voor die wit-gestreepte lote gedek is, was al hulle lammers gestreep, bont en gevlek.
Afrikaans 1933/1953 En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes.
Afrikaans 1983 is hulle by die lote gedek en het hulle gevlekte en gestreepte en bont lammers gekry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het die kleinvee by die latte bronstig geraak, en die kleinvee het gestreepte, bont en gevlekte lammers gekry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die skape en bokke daar by die stokke gepaar het, dan het hulle gestreepte of bont lammers gekry of lammers met kolle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat die bokke en die skape by die waterplekke gepaar het, het Jakob hulle tussen die lote bymekaar laat kom. So het hy baie bokke en skape met spikkels en strepe gekry.