Genesis 30:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die stokke wat hy afgeskil het voor die kleinvee neergesit in die geute in die drinkbakke toe die kleinvee kom drink het, sodat hulle swanger sou word as hulle kom drink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sit hy die lote wat hy afgestroop het in die waterbakke waar Laban se vee kom drink het. Wanneer die ooie op hitte was en hulle kom drink, is hulle voor die lote gedek. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en hulle het verhit geword as hulle kom drink. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die lote wat hy so afgeskil het, in die waterkrippe gesit, reg voor die kleinvee waar hulle kom suip het. Wanneer die ooie dan op hitte kom en kom suip, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sit hy die takke wat hy geskil het, in die waterbakke reg voor die kleinvee, in die drinkbakke waarheen die kleinvee kom om te drink. Hulle het bronstig geraak wanneer hulle kom om te drink. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die stokke wat hy so afgeskil het, in die waterbakke van die skape en bokke gesit. Hy het die stokke so neergesit dat dit reg voor die skape en bokke was wanneer hulle water kom drink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het toe die lote met die wit strepe by die waterplekke gesit. As die vee kom suip het, was die lote reg voor hulle. |