Genesis 30:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het drie dagreise tussen hom en Jakob opgestel, en Jakob het die res van Laban se kleinvee opgepas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het hulle wég van Jakob af verskuif, drie dae se trek ver. Jakob self het agtergebly en Laban se vee opgepas. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het 'n afstand van drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas. |
| Afrikaans 1983 | Hy het hierdie trop van hom op 'n afstand van drie dae se trek van Jakob af laat oppas. Jakob self het Laban se ander vee opgepas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het 'n afstand van drie dagreise tussen hom en Jakob gehandhaaf. Jakob het die res van Laban se kleinvee laat wei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê hulle moet daardie diere wegvat van Jakob, so ver soos 'n mens in drie dae kan loop. Jakob moes Laban se ander skape en bokke oppas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verder het Laban gesorg dat Jakob ver van sy seuns af bly. Hulle was drie dae se reis van mekaar af. Jakob was op ’n plek waar hy die res van Laban se kudde laat wei het. |