Genesis 30:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het daardie dag die gestreepte en gevlekte bokke verwyder en al die bokke wat gespikkeld en gevlek was, en elkeen wat wit daarin gehad het, en al die bruin onder die skape, en het dit in die hand van sy seuns.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie selfde dag nog het Laban veld toe gegaan en al die bokramme wat bont en gevlek is, al die ooie wat gevlek en bont is, alles met wit kolle en ook die swart skape uitgekeer. Hy het hierdie vee aan sy seuns gegee om op te pas.
Afrikaans 1933/1953 En hy het dieselfde dag uitgekeer die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en die aan sy seuns afgegee.
Afrikaans 1983 Maar dieselfde dag nog het Laban al die gevlekte en bont bokramme en al die gestreepte en bont bokooie afgekeer en ook alles waaraan iets wits was en al die swart skape, en dit alles onder die sorg geplaas van sy seuns.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het egter dieselfde dag die gestreepte en gevlekte bokramme en al die bont en gevlekte bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en al die donkerkleuriges onder die jong skape, uitgekeer en hulle in die sorg van sy seuns gelaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Laban het toe daardie dag gou al die bont bokke en die bokke met kolle apart gejaag. Hy het ook al die bokke wat wit dele gehad het, en al die swart skaap-ramme vir sy seuns gegee om op te pas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laban het Jakob weer bedrieg. Hy het gou al die gespikkelde en gestreepte skape en bokke uit die trop geneem. Ook die swart lammetjies. Laban het toe hierdie diere bymekaargemaak en vir sy ander seuns gegee om op te pas.