Genesis 30:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal my geregtigheid vir my antwoord in die toekoms, wanneer dit kom vir my loon voor U aangesig: elkeen wat nie gespikkeld en bont is onder die bokke en bruin onder die skape nie, wat saam met my as gesteel gereken word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dít sal my beloning wees. Dit sal vir Pa maklik wees om te sien of ek eerlik is of nie. As Pa onder my vee enige skape of bokke kry wat nie bont is nie, sal Pa weet dat ek hulle van Pa gesteel het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En my regverdigheid sal later vir my getuig: as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer u dan eendag kom kyk na wat ek by u verdien het, sal dit duidelik wees of ek eerlik was of nie: alles onder my bokke wat nie gestreep of bont is nie, en al die skape wat nie swart is nie, sal vee wees wat ek gesteel het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My eerlikheid sal in die toekoms vir my getuig wanneer jy kom om my loon na te gaan. Alles wat nie bont en gevlek is onder die bokke, of donkerkleurig is onder die jong skape nie, sal gesteelde goedere by my wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal jy kan sien dat ek nie skelm is nie. Wanneer jy later kom kyk watter diere myne is, sal jy maklik kan sien: Al die bokke wat nie kolle het of bont is nie, en al die skaap-ramme wat nie swart is nie, is joune. As jy van daardie diere tussen my diere kry, dan het ek hulle van jou gesteel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het voortgegaan: “Jy kan kom kyk of ek eerlik was. As jy deur my kudde loop, sal elke skaap of bok wat nie spikkels of strepe het nie, gesteelde diere wees. Elke lammetjie wat nie swarterig is nie, sal ’n dier wees wat ek van jou gesteel het.” |