Genesis 30:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal vandag deur jou hele kudde trek en daarvandaan verwyder al die gespikkelde en gevlekte beeste en al die bruin beeste onder die skape en die gevlekte en gespikkelde onder die bokke; en dit sal my loon wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee my vandag al die skape en bokke wat bont of gevlek is saam met die swart gekleurde skape.
Afrikaans 1933/1953 ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit moet my loon wees.
Afrikaans 1983 Ek sal vandag al u kleinvee deurgaan om al die gestreepte en bont skaaplammers en al die swart skape en die bont en gestreepte bokke af te keer. Dit sal my betaling wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal vandag al jou kleinvee deurgaan en elke bont en gevlekte dier uitkeer – elke donkerkleurige dier onder die jong skape, en die gevlektes en bontes onder die bokke. Dit sal my loon wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vandag tussen al jou skape en bokke deurloop. Ek sal al die bont skape en die skape wat kolle het, apart jaag, saam met al die swart skaap-ramme. Ook al die bont bok-ramme en die bok-ramme wat kolle het. Dit is wat jy vir my moet gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat is dit?” het Laban gevra. Jakob het geantwoord: “Laat my vandag nog deur die kuddes loop en laat ek elke gespikkelde en gestreepte skaap, al die swart lammetjies en al die bokke met spikkels en strepe vir my vat. Dit sal dan my loon wees, niks meer nie.”