Genesis 30:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Wat moet ek jou gee? Toe sê Jakob: Jy mag my niks gee nie; as jy dit vir my wil doen, sal ek weer jou kleinvee wei en oppas:
Afrikaans (NLV) 2011 “Watter vergoeding wil jy hê?” vra Laban weer. Jakob antwoord hom: “Moenie my iets betaal nie. As u my die volgende toelaat, sal ek nog steeds Pa se vee oppas.
Afrikaans 1933/1953 En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg --
Afrikaans 1983 Toe vra Laban: “Wat moet ek jou betaal?” en Jakob antwoord: “U hoef my niks te betaal nie. Ek sal weer u kleinvee oppas as u my dit wil laat doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laban het gevra: “Wat moet ek vir jou gee?” Jakob het geantwoord: “Jy hoef my nie enigiets te gee nie. As jy die volgende vir my doen, sal ek weer jou kleinvee laat wei en oppas:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe vra Laban vir hom: “Wat moet ek vir jou gee?” Jakob het vir hom gesê: “Jy moenie vir my betaal nie, niks nie. Ek sal weer jou skape oppas en na hulle kyk, maar daar is een ding wat jy vir my moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hoeveel moet ek jou betaal?” het Laban gevra. “Niks nie,” sê Jakob. “Jy hoef my nie geld te gee nie. Daar is eintlik net een ding wat ek graag wil hê. En as jy dit gee, sal ek weer jou kuddes versorg.”