Genesis 30:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Jy weet hoe ek jou gedien het en hoe jou vee by my was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob antwoord: “Pa weet hoe hard ek vir Pa gewerk het en hoe Pa se troppe vee groter geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord hy hom: U weet self hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het. |
| Afrikaans 1983 | Daarop sê Jakob vir hom: “U weet hoe ek vir u gewerk het, en hoe dit met u kudde gegaan het terwyl hulle by my was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hom geantwoord: “Jy weet self hoe ek vir jou gewerk het, en wat met jou veestapel by my gebeur het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Jakob vir Laban: “Jy weet hoe hard ek vir jou gewerk het en hoe goed dit met jou beeste en skape gegaan het vandat ek hulle oppas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het geantwoord: “Jy is reg. Ek was ’n getroue werker en ek het jou kuddes goed opgepas. |