Genesis 30:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Laban vir hom: As ek guns in jou oë gevind het, bly tog, want uit ondervinding het ek geleer dat die HERE my om jou ontwil geseën het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie nou al gaan nie,” sê Laban. “Ek het agtergekom dat die Here my geseën het omdat jy by my is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in jou oë gevind het -- ek het waargeneem dat die HERE my om jou ontwil geseënhet. |
| Afrikaans 1983 | Maar Laban het vir hom gesê: “Dink tog aan wat jy vir my beteken. Ek het die tekens gelees en agtergekom dat die Here my seën om jou ontwil.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laban het hom geantwoord: “As jy my asseblief net goedgesind sal wees! Ek het uit voortekens te wete gekom dat die Here my geseën het om jou ontwil. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Laban sê vir hom: “Ek sal dankbaar wees as jy by my bly. Ek het gesien dat die Here my seën omdat jy hier is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ja, dis waar,” het Laban gesê, “ek moet dit teenoor jou erken. Die Here het my as gevolg van jou ryk gemaak. |