Genesis 30:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee vir my my vroue en my kinders vir wie ek U gedien het, en laat my gaan, want U ken my diens wat ek aan U gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat my toe om met my vroue en kinders te vertrek. Pa weet dat ek ten volle vir hulle betaal het deur vir Pa te werk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het. |
| Afrikaans 1983 | Gee my nou my vrouens en kinders vir wie ek by u gewerk het, want ek wil weggaan. U weet hoe goed ek vir u gewerk het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee vir my my vroue en my kinders, vir wie ek vir jou gewerk het, sodat ek kan gaan, want jy weet self watter werk ek vir jou gedoen het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gee my vroue en my kinders en laat my gaan. Jy weet ek het vir jou gewerk om hulle te kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat ’n slaaf se familie die baas se eiendom was, het Jakob ook nog gesê: “Laat my ook toe om my familie saam te vat. Ek het hard gewerk vir hierdie vroue. En my harde werk het jou ryk gemaak.” |