Genesis 30:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Lea: God het my 'n goeie bruidskat gegee; nou sal my man by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar; en sy het hom Sébulon genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy het hom Sebulon genoem, want sy het gesê: “God het ’n goeie geskenk vir my gegee. Nou sal my man by my kom bly, want ek het vir hom al ses seuns gegee.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Lea: God het my 'n mooi geskenk gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom S,bulon genoem.
Afrikaans 1983 Toe sê sy: “God het hierdie keer 'n mooi geskenk aan my gegee. Nou sal my man by my bly, want ek het ses seuns vir hom in die wêreld gebring.” Toe noem sy die seun Sebulon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Lea het gesê: “God het vir my 'n mooi geskenk gegee! Hierdie keer sal my man sy intrek by my neem, want ek het vir hom ses seuns in die wêreld gebring.” Sy het hom Sebulon genoem
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Lea: “God het vir my 'n groot present gegee. Nou sal my man by my bly en hy sal onthou dat ek sy vrou is, want ek en hy het ses seuns gekry.” Sy het haar seun toe Sebulon genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lea het gesê: “God het my werklik ’n kosbare geskenk gegee. Hierdie keer sal Jakob presente vir my moet bring, want ek het hom ses seuns gegee.” Sy het die kind Sebulon genoem.