Genesis 30:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jakob het teen die aand uit die veld gekom, en Lea het uitgegaan hom tegemoet en gesê: Jy moet na my toe ingaan; want sekerlik het ek jou gehuur met my seun se mandrake. En hy het daardie nag by haar gelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie aand, toe Jakob uit die veld tuiskom, gaan Lea hom tegemoet. “Jy moet vanaand by my slaap,” sê sy. “Ek het daarvoor betaal met die liefdesappels van my seun.” Jakob het toe by haar geslaap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na my kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het die nag by haar geslaap. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jakob die aand van die veld af kom, gaan Lea hom tegemoet en sê vir hom: “Jy moet na my toe kom, want om jou te kry, het ek die volle prys betaal met die liefdesappels wat my seun gebring het.” Daardie nag het Jakob toe by haar geslaap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jakob teen die aand van die land af kom, het Lea uitgegaan om hom te ontmoet en vir hom gesê: “Na my moet jy kom, want ek het jou eerlik gehuur met my seun se alruin.” Hy het toe daardie nag by haar geslaap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jakob daardie aand uit die veld kom, het Lea na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Jy moet vanaand by my kom slaap, want ek het daarvoor betaal met my seun se liefdes-appels.” Jakob het toe daardie nag seks gehad met Lea. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jakob die aand van die veld af kom, het Lea hom tegemoetgestap. “Jakob,” het sy geroep, “jy slaap vanaand by my. Ek het klaar daarvoor betaal met Ruben se liefdesappels wat hy opgetel het.” Jakob het toe by Lea geslaap. |