Genesis 30:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy sê vir haar: Is dit 'n geringe saak dat jy my man geneem het? en wil jy ook die liefdesappels van my seun wegneem? Toe sê Ragel: Daarom sal hy vannag by jou lê vir jou seun se liefdesappels.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Lea het haar vererg en gesê: “Is dit nie genoeg dat jy my man gevat het nie? Nou wil jy nog boonop my seun se liefdesappels ook vat?” Ragel sê toe vir haar: “Hy kan vannag by jou slaap in ruil vir die liefdesappels.”
Afrikaans 1933/1953 Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.
Afrikaans 1983 Toe vra Lea vir haar: “Is jy nie daarmee tevrede dat jy my man gevat het nie? Wil jy nou nog ook die liefdesappels vat wat my seun gebring het?” Daarop het Ragel geantwoord: “In ruil daarvoor mag Jakob vannag by jou slaap.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar sy het haar geantwoord: “Was dit nie vir jou genoeg om my man te vat nie, dat jy ook nog my seun se alruin wil vat?” Daarop sê Ragel toe: “Nou goed, hy mag maar vannag by jou slaap in ruil vir jou seun se alruin.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Lea het haar geantwoord: “Jy het al klaar my man gevat. Nou wil jy ook my seun se liefdes-appels vat!” Toe sê Ragel: “As jy vir my van jou seun se liefdes-appels gee, dan mag Jakob vannag by jou slaap.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Lea het geïrriteerd gevra: “Wat? Is dit nie genoeg dat jy my man gevat het nie? Nou wil jy nog my kind se liefdesappels ook hê.” “Asseblief, Lea,” het Ragel gepleit, “jy kan vannag my beurt kry. Jakob kan by jou gaan slaap, maar dan moet jy my van jou kind se liefdesappels gee.” Lea het die liefdesappels toe vir haar gegee.