Genesis 30:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ruben het in die dae van die koring-oes gegaan en mandrake in die veld gekry en dit na sy moeder Lea gebring. Daarop sê Ragel vir Lea: Gee tog vir my van jou seun se liefdesappels.
Afrikaans (NLV) 2011 Eendag het Ruben tydens die oestyd op liefdesappels in die veld afgekom. Hy het dit vir sy ma, Lea, gebring. Ragel pleit toe by Lea om daarvan vir haar te gee.
Afrikaans 1933/1953 En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld liefdesappels gevind en die na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se liefdesappels.
Afrikaans 1983 Op 'n keer het Ruben in die oestyd veld toe gegaan en liefdesappels gepluk. Hy het dit vir sy ma Lea gebring. Ragel het vir haar gesê: “Gee vir my van die liefdesappels wat jou seun gebring het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ruben het in die tyd van die koringoes uitgegaan en in die land op alruin afgekom. Hy het dit vir Lea, sy moeder, geneem. Ragel het vir Lea gesê: “Gee asseblief vir my van jou seun se alruin.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die tyd om koring af te sny. Ruben het liefdes-appels in die veld gekry en hy het dit vir sy ma Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: “Gee asseblief vir my van jou seun se liefdes-appels.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag, tydens die oestyd, het Ruben in die veld gaan stap. Hy het liefdesappels gesien en dit opgetel. Liefdesappels was ’n vrug wat mense lief gemaak het vir mekaar. Ruben het die liefdesappels vir sy ma gebring. Toe Ragel dit sien, het sy dadelik gesê: “Lea, gee my asseblief van Ruben se liefdesappels.”