Genesis 30:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Lea: Gelukkig is ek, want die dogters sal my geseënd noem; en sy het hom Aser genoem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Lea het hom Aser genoem, want sy het gesê: “Watter vreugde het my te beurt geval! Die ander vroue sal my sekerlik as gelukkig beskou!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Lea: Ek, gelukkige! want die dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom Aser genoem. |
| Afrikaans 1983 | en Lea het gesê: “Hoe gelukkig is ek. Die vrouens sal my Die Gelukkige noem!” Toe noem sy die seun Aser. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Lea het gesê: “Tot my geluk! Want die vroue sal my gelukkig noem.” Sy het hom Aser genoem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Lea sê: “Ek is gelukkig. Die vroue sal sê ek is baie gelukkig.” Daarom het sy haar seun Aser genoem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Lea het gesê: “Mooi so, die geluk is aan my kant. Al die ander vroue sal my sukses raaksien en my gelukkig ag.” Daarom het sy die kind Aser genoem. |