Genesis 29:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Kyk, dit is nog hoogdag, en dit is nie tyd dat die beeste bymekaargemaak word nie; gee die skape water en gaan wei hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die son sit nog hoog. Dis nog nie tyd om hulle in die kraal te jaag nie. Gee vir die vee water sodat hulle kan teruggaan om te wei,” sê Jakob. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê: Kyk, die dag is nog lank; dit is nie tyd om die vee bymekaar te maak nie. Laat die vee drink, en gaan heen, laat hulle wei. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Jakob: “Die son sit nog hoog en dis nog nie tyd om die kleinvee in die kraal te jaag nie. Laat hulle suip en vat hulle om te wei.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe: “Kyk, die dag is nog lank; dit is nie tyd om die vee bymekaar te maak nie. Gee die kleinvee water en laat hulle wei!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het gesê: “Dit is nog vroeg, dit is nog nie tyd om die skape en bokke bymekaar te maak nie. Julle moet vir hulle water gee, en dan moet hulle weer gaan wei.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het die herders weer gevra: “Hoekom het julle nou al die skape vir die nag bymekaargemaak? Dit is dan nog helder dag. Gee hulle water en laat hulle dan wei.” |