Genesis 29:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Nou wil ek die HERE loof; daarom het sy hom Juda genoem; en nie weer gebaar nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Juda genoem, “want,” het sy gesê, “nou sal ek die Here prys!” Daarna het sy nie meer kinders gehad nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Di, keer sal ek die HERE loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar. |
| Afrikaans 1983 | Sy het nog 'n keer swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Sy het gesê: “Hierdie keer prys ek die Here.” Daarom het sy die seun Juda genoem. Daarna het sy vir eers nie weer kinders gehad nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het weer swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Sy het gesê: “Hierdie keer sal ek die Here prys.” Daarom het sy hom Juda genoem. Sy het toe opgehou om kinders in die wêreld te bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het weer swanger geword en nog 'n seun gekry en gesê: “Nou prys ek die Here.” Daarom het sy hom Juda genoem. Sy het nie gou weer kinders gekry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Vierde seun is gebore en Lea het oorstelp gesê: “Hierdie keer wil ek die Here net loof en prys.” Dit is waarom sy die kind Juda genoem het. Lea het hierna vir eers nie weer kinders gehad nie. |